Update
HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike pampoenfeeskomitee onder leiding van die feesvoorsitter, Altus Joubert, het onlangs die inwoners en bestuur van Huis Zenobia du Toit (HZDT) verras met 'n skenking van broodnodige benodighede vir die tehuis.
Joubert en Mike Amos, 'n medebestuurslid, het die oorhandiging behartig.
Die skenking het verskeie items soos breekgoed, vrugte en wol ingesluit.
Daar was twee Combi-stoele met skinkborde, bloeddrukmeters en infrarooitermometers, melamienbakke, -borde en -bekers asook vlekvrye staal teepotte.
Die personeel onder leiding van Heidi de Jager, HZDT-bestuurder, was duidelik in hul skik met die groot skenking.
De Jager het vir Joubert en Amos bedank vir hul onbaatsugtige gebaar.
Joubert en Amos het genoem dat die feeskomitee hulle met graagte help en dat hulle dit as 'n groot eer ag om die senior burgers van diens te wees.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'