STILBAAI NUUS - Die leerders en onderwysers van Paideia het as deel van hulle gemeenskapswerk die bosse rondom OK Foods ingevaar, Vrydag die 24ste Januarie, om rommel op te tel.
Die bosagtige areas in Stilbaai en die groot aantal morsjorse is net te veel vir die reinigingsafdeling van die munisipaliteit, maar die leerders sê dat hulle tog 'n verskil maak, een stukkie op 'n keer en hulle het dit geniet, ten spyte van die bitter warm dag.
Alichea Botha, hoof van die sentrum sê hulle is baie dank verskuldig aan Fynbos Apteek wat vir hulle handskoene geskenk het om hulleself te beskerm en ook vir Coastal Cleanup wat die sakke voorsien het en ook gereël het dat die munisipaliteit die rommel wegry.
Paideia daag alle ander skole uit om ook 'n verskil te maak in Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’