STILBAAI NUUS - Blomerus van Rooyen het as wetenskaplike afgetree by die WNNR, maar hy is nog steeds passievol oor fisika.
Hy gebruik dus sy vryetyd en kennis om leerders by skole meer te leer oor die onderwerp op 'n manier wat aanklank vind by alle ouderdomme.
Hy is bekommerd dat kinders nie meer wetenskap as 'n vak vat op skool nie en probeer dus sy deel doen om dit te verander.
Een van die demonstrasies wat hy by Paideia in Stilbaai gedoen het is 'n tuisgemaakte Vortex kanon.
Die kinders was heel verstom toe hy 'n klomp glasies meters van hom af laat neertuimel deur slegs op die agterkant van die kanon te slaan.
'n Vortex kanon word kommersieël gebruik om rotse te breek in die mynbou bedryf.
Blomerus het ook vir Diego Bovey, 'n leerder, gebruik om die krag van 'n elektromagneet te demonstreer.
Heelwat ander demonstrasies het die kinders op die punte van hulle stoele gehad.
Ongelukkig was sy tyd by Paideia verstreke, want hy kon nog baie langer as die amper twee ure wat hy gehad het voortgaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’