Gallery Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Geskiedkundige dokumentêr word tans in Suid-Afrika verfilm, met dié dorp se Ou Tronk as een van die stelle waarvan hulle gebruik maak.
Die internasionale filmspan het op 'n snikheet Donderdag 8 Februarie een van die tonele in die binnehof van die tronk opgeneem.
Die regisseur, Tilman Remme het gesê dat Riversdal en omgewing ideaal is vir die dokumentêr.
Plaaslike amateur akteurs is as ekstras gebruik.
Meeste van die dekor wat gebruik is, het die filmspan self gemaak, maar daar is ook van die tronk se eiendom gebruik.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, of aanlyn.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
VIDEO:WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'