Gallery
ALBERTINIA NUUSFLITS - ‘n Ou Kaaps-Hollandse huis in Parkstraat het vroeër vanaand heeltemal afgebrand. Dit het ongeveer 19:00 gebeur.
Na bewering het die gasverwarmer aan die brand geslaan. Die eienaar het brandwonde aan sy arms opgedoen.
Sover bekend is niemand anders beseer nie.
Niks kon uit die brandende huis gered word nie.
Geen ander inligting is tans bekend nie.
Die brandweer besig om die vuur te blus.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'