STILBAAI NUUS - 'n Groepie vrywilligers onder leiding van Clifton Donald het Vrydag 11 April, gewapen met geel vullissakke, die oewer van die Goukourivier getakel om die gemors wat daar opgaar te verwyder.
In die twee ure wat hulle besig was het hulle 'n berg vullis aan Stilbaai-Oos se kant tussen die brug en die drie-rigting stop by Dewan verwyder.
Dit is ontstellend hoeveel drankbottels en wegneemete houers daar beland en nie in die vullisdromme nie.
Die uitloop van 'n stormwaterpyp, wat blykbaar uit die rigting van die industriële gebied kom, lyk ook gladnie gesond nie.
Dit is mense soos hierdie groepie vrywilligers, en talle ander wat Vrydag ander verpligtinge gehad het, wat Stilbaai so uniek maak.
Elke bottel of plasieksak wat hulle optel raak later duisende bottels en plastieksakke wat nie in die oseaan beland nie.
Stuur 'n whatsapp na 082 457 1135 indien jy betrokke wil raak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’