Update
VERMAAKLIKHEID NUUS - 'n 18-jarige jongman se liggaam is vroeër vanoggend deur polisieduikers in die rivier op Skoolkop, Vermaaklikheid gevind.
Dit volg na sy 5-jarige stiefseun gister hier verdrink het.
Die 18-jarige man was sedert gister vermis.
“Sy liggaam was tussen die riete, verder af in die rivier gevind,” het sers Christiaan Jansen, Riversdal-polisie se kommunikasiebeampte vandag gesê.
Vorige artikel: Verdrinking op Vermaaklikheid
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'