Die huis behoort aan James (77) en Sally (72) van Tonder, maar die eiendom was ten tye van die brand uitverhuur aan me. Marelize Koen en Chris Pretorius en hul gesin terwyl die Van Tonder-egpaar die woonstel langs die huis bewoon het.
"Die polisie is Saterdagmiddag van die brand verwittig en met aankoms was gemerk dat die ambulans en plaaslike brandweer reeds op die toneel was en het ons bystand verleen," het a.o. Morné D'Emiljo van Riversdal polisie gesê. Hy het bygevoeg dat geen persone beseer is nie en geen kriminele klag is gemaak of enige gemene spel word vermoed nie. Die oorsaak van die brand en omvang van die skade is tans onbekend.
Me. Gerida Hough, dogter van mnr. Van Tonder was in gesprek met Suid-Kaap FORUM en het gesê dat die brandweer, polisie asook ambulans baie vinnig op die toneel was. Hulle as familie wil graag almal bedank wat so behulpsaam was ten tye, asook na die voorval.
Volgens Hough het hulle weereens gesien hoe goed Riversdal se mense kan saamstaan in 'n krisis.
Alles verloor
Die huurders het ongelukkig meeste van hul besittings verloor in die brand en doen die Van Tonder-familie 'n beroep op die gemeenskap om bystand te verleen waar hul goed dink. Hulle is ook dringend op soek na 'n blyplek om te huur.
Persone kan me. Koen skakel om te hoor wat hul nodig het by 072 386 9613 en finansiële bystand kan gemaak word deur 'n inbetaling in die volgende bankrekening: Rekening nommer: 927 7177 2754 (ABSA bank), tak kode: 632005 met verwysing die inbetaler se naam en van.

'n Brandweerman besig om seker te maak al die vlamme is geblus. Foto: Morné D'Emiljo.