Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ’n Vreedsame protesoptog oor behuisingsnood het Vrydag 6 September sakelui se senuwees gedaan gehad.
Inwoners en sakelui is vooraf hoofsaaklik deur middel van sosiale media ‘gewaarsku’ om tydens die protesoptog voorsorg teen plundering te tref en talle besighede, veral in Kerkstraat was vir die duur van die optog gesluit.
Werknemers het die optog van sowat 150 deelnemers van agter geslote deure en vensters of van balkonne af dopgehou.
Die deelnemers aan die protes het vanaf Kwanokuthula oor die N2 na die middedorp gestap waar ’n versoekskrif aan burgemeenster Grant Riddles oorhandig is.
Hy het onderneem om binne twee weke aan die gemeenskap wat huise eis, terugvoer te gee.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'