RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het pas bevestiging ontvang van ’n optog oor behuisingsnood in die dorp wat vandag (Vrydag 6 September) plaasvind.
Na verwagting sal sowat 300 mense aan die vreedsame optog deelneem wat om 13:00 by die Anna Lupinisaal in Kwanokuthula begin.
Die optog sal dan oor die N2 in die rigting van die dorp beweeg. Na die treinspoor beweeg die optog af in Dicksonstraat tot by Kerkstraat, draai dan regs tot by Hoofstraat, en weer regs tot in Van den Bergstraat tot voor die munisipaliteit se saalingang.
’n Versoekskrif sal omstreeks 16:00 oorhandig word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'