HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike landdroshof, in samewerking met die plaaslike polisie, het ’n ernstige waarskuwing aan alle onwettige immigrante in die landdrosdistrik uitgestuur met die skuldigbevinding en deportasiebevel van ’n burger van Tanzanië.
Shaban Jumamusa (32) is Dinsdag 11 Maart in die hof skuldig bevind en met R300 of drie maande, opgeskort vir drie jaar, beboet.
Die landdros het dit duidelik in haar uitspraak beklemtoon dat daar baie streng teen diegene opgetree sal word wat dit waag om die land se immigrasiewette te oortree.
Jumamusa is op Donderdag 17 Oktober 2024 in hegtenis geneem en was sedertdien in Buffeljagsrivier in aanhouding.
Hy is na sy hofverskyning deur twee beamptes van die departement binnelandse sake se immigrasie-afdeling na Mosselbaai geneem om na sy tuisland oorgeplaas te word.
Intussen het nog twee Tanzaniërs, Mohamed Kilima (44) en Mohamed Khalfani (35), albei op dieselfde aanklagte in die hof verskyn.
Hul sake is tot Maandag 24 Maart uitgestel en hulle bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’