STILBAAI NUUS - Daar sal gepoog word om toe te sien dat die beoogde kragonderbreking volgende naweek, op Saterdag, 17 en Sondag, 18 Oktober, weer herstel sal wees vir die Springbokke se afskop op Saterdag on 17:00 op Twickenham.
Die Stilbaai Sakekamer het hul kommer uitgespreek toe hul die kennisgewing ontvang rakende die beoogde onderbreking in Stilbaai-Oos in Wes. In 'n e-pos noem Dries de Beer "Ongelukkig is soveel partye betrokke dat die herstelwerk nie geskuif kan word nie."
* Saterdag, 17 Oktober: Kragonderbreking van 13:00 tot 18:00. Die onderbreking word genoodsaak as gevolg van onderhoudswerk op elektriese netwerk. Alle installasies moet asseblief gedurende die onderbreking as lewendig beskou word.
* Sondag, 18 Oktober: Kragonderbreking van 08:00 tot 18:00.