RIVERSDAL NUUS - Onder die helder ligte van Palm Springs in Kalifornië is 'n oud-Riversdaller verlede Saterdagaand, 22 Junie, as Mev. Classique Globe gekroon.
Hannelie van Wyk, wat by Hoërskool Langenhoven gematrikuleer het en die afgelope sewe jaar in Malta woon en werk, het die beoordelaars met haar grasie en sprankelende persoonlikheid bekoor om dié gesogte titel in te palm.
Meer as 50 deelnemers vanoor die wêreld het deelgeneem.
Hannelie het Malta as die heersende Mrs European Nations (Classique) verteenwoordig.
Mrs Classique Globe vier die tydlose skoonheid en wysheid van vroue 45 jaar en ouer.
Hannelie het in 'n onderhoud met Suid-Kaap Forum gesê dié oorwinning is histories aangesien dit die eerste keer is dat Malta 'n internasionale titel by 'n groot skoonheidskompetisie gewen het. "Dit is nie net 'n persoonlike prestasie nie, maar ook 'n triomf vir alle vroue in Malta en Europa.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’