HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Plaaslike onderwyser het Maandag 27 Augustus in die hof verskyn omdat hy na bewering ’n leerder op 30 Julie seksueel aangerand het.
Die leerder en haar ma het Vrydag 24 Augustus ’n kriminele klag by die polisie aanhangig gemaak.
Die saak is tot Maandag 10 September uitgestel.
Hy is op waarskuwing vrygelaat, op voorwaarde dat hy onmiddellik die skoolperseel verlaat.
Millicent Merton, Wes-Kaap onderwys departement skakelbeampte het gesê dat die departement enige bewering van seksuele wangedrag in ’n baie ernstige lig beskou.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'