Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Verkeer op die N2 tussen Mosselbaai en Heidelberg het reeds merkbaar toegeneem namate vakansiegangers vir die Paasnaweek na familie en vriende reis.
Die Paasnaweek het vroeg sy eerste noodlottige ongeluk op die N2 net buite Heidelberg rigting Swellendam geëis.
Die motor het die pad verlaat, omgeslaan en op sy dak te lande gekom.
Die ongeluk het ongeveer 16:00 gebeur.
Die vroulike passasier is op die toneel dood verklaar.
Die manlike bestuurder is met veelvuldige beserings na die hospitaal geneem.
VIDEO: Die ongelukstoneel. Video: Clive Pretorius
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’