Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Opruim is vanjaar se tema vir die Vroue Landbou Vereniging.
Met dié tema in gedagte het Karien Coetzee Dinsdag 12 Junie lede en besoekers meer van herwinning vertel.
VLV vroue het die aand besluit om ’n plastiekproppie-gemeenskapsprojek te loods. Wanneer ’n sekere hoeveelheid plastiekproppies versamel is, word dit ingehandig. Indien daar genoeg is, kry jy ’n rolstoel inruil daarvoor. Dié rolstoel sal dan aan iemand in die gemeenskap geskenk word.
Mense wat proppies bymekaar maak kan dit by die NG-kerk Wes inhandig.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'