RIVERSDAL NUUS - Hoër landbouskool Oakdale se saalgeleentheid sal op 5 Februarie vir die eerste keer in die geskiedenis direk aan ouers gebeeldsend word.
Op dié dag word die nuwe Oakdale TV-kanaal, OakNet bekendgestel.
Die kanaal sal voorsiening maak vir direkte uitsendings van alles wat op Oakdale aangebied word by wyse van sy 'live streaming'.
Die kanaal se adres waarop ingeskakel kan word sal aan ouers en die publiek bekendgestel word.
Oakdale ontvang ses kameras en sal eersdaags ongeveer 18 leerders as kameramanne en 12 kommentators oplei. Mnr. Hardus Pretorius sal as produksiespanbestuurder optree en alle opnames beplan en bestuur.
Die nuwe TV-stasie het tot gevolg dat sport, kursusse, kultuuraktiwiteite en sosiale geleenthede direk gebeeldsend kan word. Individuele leerders sal blootstelling kry deur deel te wees van verskillende TV-uitsendings en -opnames.
Instansies wat betrokke wil raak by die OakNet-kanaal kan Marlene Carstens by Oakdale skakel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'