RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se matrieks van 2022 het geskitter deur 'n slaagsyfer van 100% te behaal.
Altesame 96,4% van matrieks het matrikulasievrystelling gekry en die graadgemiddeld is 68,4%.
Die gemiddeldes wat deur die leerders behaal is was as volg:
- A's: 7 leerders.
- B's: 28 leerders.
- C's: 34 leerders.
- D's: 14 leerders.
Die toppresteerder by Oakdale is Eben von Below (86,43%) met sewe onderskeidings. Hy word gevolg deur:
- Michiel Herholdt (86,14%) met ses onderskeidings.
- Pieter Marais (85,29%) met ses onderskeidings.
- Enrico Beyers (83,43%) met ses onderskeidings.
- Benjamin Montgomery (82,86%) met vyf onderskeidings.
- Schutte Muller (82,14%) met vier onderskeidings.
- Ryno Fourie (81,14%) met vier onderskeidings.
Oakdale se drie toppresteerders is van links: Michiel Herholdt (86,14%), duxleerling Eben von Below (86,43%) en Pieter Marais (85,29%).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'