RIVERSDAL NUUS - Riversdal gaan van Vrydag (24 Mei) af uit sy nate bars met Oakdale se jaarlikse Akkerfees wat weer hier aangebied word.
Ouers, oudskoliere en vriende - en natuurlik die rugbyspanne en -ondersteuners van Hoërskool Paarl Gimnasium - sak die komende naweek op die dorp toe vir dié genotvolle sport- en kuierdag.
Op Vrydag se program is die immergewilde Akkerfeesdans wat by die Riversdal-skousaal aangebied word. Dit lok gewoonlik baie ouers en besoekers. Danskaartjies is by Hoër Landbou Oadale beskikbaar.
Op Saterdag is die groot trekpleister die rugbykragmeting tussen Oakdale en Paarl Gim. Dis oorlog op hande.
Die junior rugbyspanne begin reeds om 08:30 speel, maar die grote is die kragmeting tussen die o.19A-spanne wat om 13:15 afskop. Altesaam 20 wedstryde is op die program.
By Oakdale self wag die plaasmark voor die skoolsaal waar vars groete en vrugte, skaap- en beesvleis, en biltong en droëwors teen winskooppryse te koop sal wees.
Besoekers kan ook 'n heerlike ontbyt in die Fanie du Toit-sentrum geniet terwyl die alombekende Coffe Shoppe iets vir die soet- en souttand beloof.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’