RIVERSDAL NUUS - Die onderrigpersoneel van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Vrouedag, 9 Augustus, 'n opleidingsessie met betrekking tot die gebruik van die interaktiewe witbord in die klaskamer bygewoon.
Die kursus in sogenaamde e-leer of interaktiewe kommunikasie tegnologie is aangebied deur Mariëtte Vorster van Knysna.
Stadige internetfasiliteite belemmer tans die effektiewe benutting van e-leer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'