HESSEQUA NUUSFLITS - Die plaaslike munisipaliteit het ’n tenderproses gevolg om 10 voertuie te bekom en verligting te bied vir die uitgediende voertuie in die munisipale vloot.
Die tekort aan voertuie binne die beskermingsdienste-afdeling is in ’n aksieplan vervat en is die aankoop van ’n 4x4 bakkie as noodsaaklik beskou om dienslewering op alle terreine te bied.
Die munisipaliteit beskik oor ’n voertuig-bestuurprogram waardeur elke voertuig en die bestuurder elektronies gemonitor word.
Elke bestuurder beskik oor ’n kontroleskyfie wat slegs vir daardie persoon en voertuig geaktiveer word.
Streng kontrole word oor alle voertuie uitgeoefen.
Barend van Heerden (Riversdal Toyota) wat die tender ontvang het, raadslid Annemarie Joubert, speaker Andrew Stroebel, burgemeester Grant Riddles, Chris Onrust (direkteur gemeenskapsdienste en beskerming), A. Voss (bestuurder beskermingsdienste), Kobus Louwrens (Riversdal Toyota).
Die munisipaliteit beskik oor ’n voertuig-bestuurprogram waardeur elke voertuig en die bestuurder elektronies gemonitor word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'