STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Bewaringstrust in samewerking met die Stilbaai Belangeforum het die onbenutte munisipale grond tussen die gholfbaan en die pad na Jongensfontein ‘n nuwe baadjie gegee.
Hulle het ‘n figuur-8-staproete daarop gevestig met ‘n lekker 3,7 km paadjie wat deur die bosse vleg. Dit begin en eindig oorkant die gholfbaan se hek.
Jy kan egter ook by die parkeerterrein by skuitpad begin en eindig wat die roete dan 7,4 km maak.
Die roete is daargestel vir natuurbewaring, opvoedkunde en stap.
Grafiese voorstelling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’