Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Hulde is aan die ontslape ikoon en voormalige eerste demokratiese staatspresident, Nelson Mandela, gebring tydens die inwyding van 'n sopkombuis in Heidelberg op Maandag 18 Julie.
Letitia Rossouw se nuwe sopkombuis, "Tiessa se Sopkombuis" is deur Jobieth Hoogbaard, raadslid van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit amptelik geopen.
Tydens die opening is nagenoeg 70 kinders vanuit die buurt met 'n heerlike bord kos of sop bederf.
FOTOGALERY: Nuwe sopkombuis in Heidelberg
VIDEO: Nuwe sopkombuis ingewy
Die Tuinroete-distriksraadslid, Jobieth Hoogbaard spreek die kinders van Heidelberg toe op Mandeladag voor kos en sop aan hulle uitgedeel is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'