RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Sakekamer toon nog tekens van lewe, maar om dit weer behoorlik aan die gang te kry word die hulp van buite af ingeroep.
Rachel Ward, voorsitter van die Stilbaai Besigheidsforum, gaan op Woensdagaand plaaslike sakelui toespreek en waardevolle insette gee rondom die voordele van 'n sterk en verenigde sakekamer.
Besigheidseienaars van Riversdal word dus aangemoedig om die vergadering by te woon en te hoor hoe hulle kan saamwerk om geleentehde te skep, uitdagings aan te spreek en 'n florerende plaaslike ekonomie te bou.
Die geleentheid word by die Senor Vino Italiaanse restaurant in Maraisstraat om 18:00 vir 18:30 gehou.
Belangstellendes moet teen Maandag 24 Maart bywoning bevestig deur 'n WhatsApp-boodskap te stuur na 083 632 7367 of te e-pos na bertus@hessequa.gov.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’