STILBAAI NUUS - Die Hessequa Vereniging vir Argeologie (HVA) het Donderdagaand 1 Maart hul nuwe komitee verkies, met Izak Venter wat die leisels as voorsitter by dr. Chris Heese oorneem.
Heese was ongeveer 11 jaar die voorsitter. Hy het in dié tyd ‘n groot bydrae tot die HVA gemaak.
Dit is te danke aan sy harde werk dat die vereniging bekendheid verwerf het as een van die mees aktiewe argeologiese verenigings in die land, wat na baie jare steeds by navorsing betrokke is.
Die ander lede sluit in Jan de Vynck (onder-voorsitter), Allen Wall, Gustav Radloff, prof. John Willemse, Esther Scheffer en dr. Ann Hiemstra.
Die gemeenskap word uitgenooi om Vrydag 9 Maart om 19:00 ‘n praatjie deur drs. Curtis Marean en Naomi Cleghorn in Die Waenhuis by Jagersbosch by te woon.
Marean is ‘n welkebekende argeologiese wetenskaplike wat vir baie jare navorsingswerk by Pinnacle Point by Mosselbaai doen en nou by verskeie ander projekte in Suid-Afrika betrokke is.
Cleghorn is tans besig is met opgrawings en navorsing by The Heads in Knysna.
Die twee wetenskaplikes gaan elk ‘n interssante praatjie oor hulle verskeie projekte hou.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'