RIVERSDAL NUUS - As deel van die voortdurende strewe om kliëntediens en kommunikasie met die publiek te verbeter, het Hessequa-munisipaliteit addisioneel tot die huidige amptelike kanale, 'n toegewyde WhatsApp-nommer geskep wat individu/organisasie in staat stel om klagtes of foute aan te meld en om navrae rakende munisipale bedrywighede en dienste aan die munisipaliteit te rig.
Die publiek word versoek om volledige besonderhede te verskaf wanneer 'n klag/fout aangemeld word, naamlik:
- Persoon se naam en van
- Adres
- Telefoon/selfoonnommer
- E-pos adres (indien beskikbaar)
- Aard van die voorval/klagte wat insluit die adres (indien toepaslik).
Aangesien die munisipaliteit verskeie dorpe bedien, is dit belangrik dat inwoners aandui watter dorp betrokke is.
Die amptelike kanale vir die indiening van klagtes is as volg:
Whatsapp
Klagtes/foute kan 24 uur per dag by WhatsApp-nommer 071 598 3175 gerapporteer word.
Telefonies
Klagtes/foute kan telefonies aangemeld word.
- Tel: 028 713 8000: Gedurende kantoorure
- Tel: 028 713 7917: Na-ure (Beheerkamer)
Neem kennis dat die 24-uur nood-nommers (tel: 084 014 1828 of 028 713 2222) slegs gebruik moet word vir die aanmeld van ongelukke, brande en rampe en nie om klagtes/foute na-ure aan te meld nie.
Indien 'n klagte/fout gerapporteer word of navraag gedoen word, sal die munisipale amptenaar die kliënt van 'n verwysingsnommer voorsien.
Besoek aan die munisipale kantoor
Inwoners kan die naaste munisipale kantore in hul omgewing besoek om 'n klagte/fout aan te meld of navraag te doen.
Indien 'n klagte/fout gerapporteer word of navraag gedoen word, sal die munisipale amptenaar die kliënt van 'n verwysingsnommer voorsien.
Korrespondensie
Inwoners kan 'n skrywe aan die munisipale bestuurder per brief en e-pos rig, of die klag/navraag elektronies op die amptelik webwerf indien.
- Brief - Alle korrespondensie met die munisipaliteit moet per adres aan die munisipale bestuurder by die volgende adres gerig word: Posbus 29, Riversdal, 6620
- E-pos - Inwoners kan klagtes aanmeld of navrae indien deur 'n e-pos aan klagtes@hessequa.gov.za te stuur.
- Aanlyn - Inwoners kan gebruik maak van die munisipaliteit se aanlyn "Report it" vorm om klagtes/foute aan te meld of elektronies navrae in te dien deur die amptelike munisipale webwerf by www.hessequa.gov.za te besoek.
Bevestiging van finalisering van klagtes/foute
Inwoners sal bevestiging per WhatsApp, e-pos of SMS ontvang sodra die klagte opgelos is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’