RIVERSDAL NUUS - Insittendes van drie voertuie, wat gisteraand in ’n kettingbotsing betrokke was, het ’n noue ontkoming gehad toe een van die voertuie aan die brand geslaan het.
Volgens sers. Christiaan Jansen, plaaslike polisiewoordvoerder, het die ongeluk ongeveer 19:40 net buite dié dorp rigting Heidelberg gebeur.
Die voertuie betrokke was ’n wit Toyota Quantum, wit Fortuner en ’n Hyundai.
Die Fortuner het met die impak aan die brand geslaan. Drie mense het ligte beserings opgedoen.
’n Klag van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’