RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal tak van Helpende Hand het op Maandag, 1 Augustus ‘n swaaibank aan Huis Zenobia geskenk.
Die gebaar is deel van dié liefdadigheidsorganisasie se “Senior Mind Move”-program.
Volgens Marlise Labuschagne, Wes-Kaap Assistent Streeksorganiseerder, is die doel daarvan om bejaarde inwoners te laat beweeg.
“Dit help hulle met balans en is veral goed vir mense met dementia en Alzheimer’s.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'