STILBAAI NUUS - Groot was die verbasing toe Nedbank kliënte in Stilbaai op 2 Mei 'n baie onpersoonlike en koue generiese sms ontvang dat die Nedbank tak in Stilbaai permanent sal sluit op 29 Mei 2025.
As alternatiewe opsie raai hulle kliënte aan om gebruik te maak van aanlyn bankdienste of die "money app".
Daar sal natuurlik OTM dienste wees, maar daardie detail sal Nedbank sekerlik nog deurgee.
Suid-Kaap Forum het Maandag 5 Mei navraag gedoen rakende die kwessie, maar tot dusver nog nie amptelike kommentaar van Nedbank Hoofkantoor af ontvang nie.
Die naaste Nedbank tak sal Riversdal wees, 40 kilometer van Stilbaai af, en dit gaan vir heelwat kopsere sorg aangesien heelwat organisasies en individue nog met kontant en kleingeld werk.
Suid-Kaap Forum sal 'n volledige berig doen sodra Nedbank Hoofkantoor reageer.
Na hierdie sluiting sal ABSA die enigste bank wees wat nog 'n tak in Stilbaai het, maar vir hoe lank?
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’