HEIDELBERG NUUSFLITS - Ongeveer 90 boervrouens is Vrydag 22 September vir ‘n goedvoel oggendtee met die tema 'Die pêrel agter die boer', by die skouterrein genooi om hulle te bederf vir die waarde wat hulle tot boerdery toevoeg.
Die dag is deur SSK geborg en volgens een van die organiseerders, Tronel Oosthuizen, was dit ‘n fees van ‘n tyd om saam met haar kollegas die funksie te reël.
“Lang ure en baie verskille, maar dit was ‘n groot sukses met die strome oproepe en dankies wat ons Vrydag tot laatmiddag ontvang het."
Seremoniemeester Annelie van Wyk het vrouens aangemoedig om vir hulself lekker gevoelens te skeduleer.
“Koop die skoene, drink die glasie wyn en bestel die poeding. Ek het vandag rooi skoene by my rok aangetrek. Al pas dit nie, laat dit my lekker voel - ek het dit vir myself geskeduleer.”
AS Pêrel agter die boer 02 – Die gasspreker, Lindie Strydom (middel) saam met ‘n paar boervrouens, Celia Uys, Anchen Malherbe, Tillie Gildenhuys, Annelize Uys en Marina Dippenaar.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'