MELKHOUTFONTEIN NUUS - Jaydin Deutchen van Melkhoutfontein het reeds op driejarige ouderdom prentjies begin teken.
In graad 7 het hy mense begin teken. Hy doen dit gewoonlik van foto's af.
In daardie tyd het hy na die rolprent Titanic gekyk en onmiddellik geweet dat hy daardie skip wil bou.
“My eerste pogings was met die swart hardeband buiteblaaie van my skool werkboeke, wat ek met kleeflint aanmekaar geplak het,” vertel hy.
Modelbou is egter nie Jaydin se eerste liefde nie. “My groot droom is om 'n skilder te word.”
Indien enigiemand hierdie jong kunstenaar onder sy/haar vlerk wil neem en as mentor wil optree, spesifiek met verf as medium kan hy geskakel word by 071 638 1632.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'