STILBAAI NUUS - Hessequa Munisipaliteit het aangekondig dat hulle kantore sal sluit vir die Paasnaweek op Donderdag 28 Maart om 13:00 en sal weer open op Dinsdag 2 April om 07:45.
Essensiële dienste, wat insluit wetstoepassing, brandweer, vullisverwydering en elektrisiteit bystanddienste, sal egter nie geraak word nie en gaan normaal funksioneer.
Die 24-uur noodnommer is 084 014 1828 of 028 713 2222.
Na-ure is die Beheerkamer se nommer 028 713 7917.
Vir huis- en strukturele brande skakel 084 014 1828 of 028 713 2222.
Veld- en bosbrande se nommer is 044 805 5071 of 071 856 5719.
Ambulans is 028 713 4554.
Rapporteer klagtes/foute by Whatsapp 071 598 3175 24/7.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’