STILBAAI NUUS - Suster Cato van der Bank van Blombos Apteek se inisiatief om 'n mobiele mammogram eenheid na Stilbaai te bring was 'n reuse sukses.
Jy kon hom Dinsdag 4 Maart nie miskyk by die verkeersirkel in die middedorp nie.
Suster Van Der Bank sê toe sy met die reëlings begin het was daar vyf belangstellendes, maar Dinsdag het hulle deur 40 mammogramme gewerk.
Josef Abrahams, administrasie en bestuurder, sê dat dit 'n absolute rekord vir sy voertuig was, want die meeste wat hulle nog hanteer het was 15 vir die dag.
Die maatskappy, Radhiant, hanteer die mediese fonds eise en indien jy nie oor 'n fonds beskik nie sal dit jou huidiglik R1 200 uit die sak jaag.
Suster Cato beoog om die diens elke drie maande aan te bied en indien daar enige navrae is kan jy suster Cato van der Bank skakel by 082 826 2887.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’