HESSEQUA NUUS - Die plaaslike polisie, in samewerking met Langeberg se honde-eenheid in Mosselbaai, het verlede Saterdag 'n misdaadvoorkomingsoptrede teen die misbruik van Sassa-toelae en drank van stapel gestuur.
Die optrede is deur sers. Garnet Damans van Riversdal begin en was spesifiek daarop gefokus om die oorsprong van die misbruik van drank en toelae op te spoor.
Damans sê in die proses het hulle 14 mense in hegtenis geneem wat dronk was in die openbaar en 'n verdere sewe wat in besit was van gevaarlike wapens, wat skerp messe en kapbyle ingesluit het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'