ALBERTINIA NUUS - Van Hoërskool Albertinia se 24 matrieks het 19 geslaag met 'n skaflike slaagsyfer van 79,2%.
Albertinia se toppresteerders is Michael John Jansen (3de), Adrio Faro (2de) en Hendrik Rossouw, die dux-leerling met 'n gemiddelde van 75,3%.
Vakke met 'n 100%-slaagsyfer is Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, wetenskaplike geletterdheid, verbruikerstudies en toerisme.
Dennis Karelse, skoolhoof by Hoërskool Albertinia, sê sy leerders het hard gewerk en met harde werk kom sukses.
"Jy moet hard deur die jaar werk om sukses te behaal. Dit help nie jy as leerder werk slegs per kwartaal en dink jy gaan die einde van die jaar slaag nie. Die punte tel alles op regdeur die jaar."
Trane het gevloei vir die leerders wat dit nie kon maak nie, maar die skool het oplossings vir dit. Karelse sê die leerders moet net weer kom herskryf of selfs net weer probeer.
"Dalk doen hulle die tweede keer nog beter as tevore."
Dennis Karelse (links), skoolhoof van Hoërskool Albertinia, by die drie toppresteerders. Van links: Hendrik Rossouw (duxleerling ), Adrio Faro (2de) en Michael John Jansen (3de). Foto: Mariska Visagie
Hoërskool Albertinia se matrieks vier baldadig fees na hul uitslae by die skool bekendgemaak is. Voor in die middel hurk die skoolhoof, Dennis Karelse. Foto: Mariska Visagie
Die vier matriekdogters bestudeer hul uitslae aandagtig. Van links: Ashline Lasava, Georgia Saayman, Beveline James en Ifmasha Pieterse. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'