STILBAAI NUUS - Oral op die gewilde wandel-roetes in Stilbaai is daar houers met plastieksakkies aangebring.
By die sakkies is 'n bord wat sê: "Honde moet te alle tye aan 'n leiband wees," en "Eienaar moet onmiddellik ontlasting verwyder."
In Stilbaai blyk dit 'n moeilike versoek te wees.
Alhoewel baie honde-eienaars die wet gehoorsaam en dink aan hulle medemens is daar tog diegene wat hulle glad nie daaraan steur nie.
As elkeen binne die reëls optree sal dit baie help, want Stilbaai is 'n gemeenskap wat vir mekaar omgee en mekaar respekteer.
Die Stilbaai-buurtwag subsidieer die sakkies en die Wobben-egpaar, Ronnie en Alet, het die verantwoordelikheid aanvaar om die houers vir die sakkies te vul sodra dit leeg is.
Ronnie sê hulle het reeds 19 van hierdie houers opgespoor, maar indien enigiemand op leë houers afkom moet hulle hom by 083 256 5423 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’