STILBAAI NUUS - Die sportgronde in Melkhoutfontein was Vrydag die ene bedrywigheid soos wat die atlete die baan aan die brand gehardloop het.
Geelhuis het vir 'n groot verrassing gesorg toe hulle die gedugte blouhuis kous oor die kop huistoe gestuur het.
Melkies het 'n gedugte span saamgestel om Saterdag die 1ste Februarie teen Laerskool Bertie Barnard deel te neem.
Die atletiekbyeenkoms sal Saterdag op die dorpsveld plaasvind en as vorige byeenkomste in ag geneem word sal daar 'n paar interessante tweestryde wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’