STILBAAI NUUS - Dat Melkhoutfontein hope talent het is gewis.
Badisa Stilbaai in samewerking met Hessequa Munisipaliteit het 'n talentaand aangebied Vrydag 14 Junie as deel van hulle jeugdagvieringe.
Dimitri Unfiltered van George het as seremoniemeester die gehoor telkens op hulle voete gehad en het die deelnemers heeltyd op hulle gemak laat voel.
Daar is gesing en gedans vir 'n vale en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die beste modelle, sangers en dansers aan te wys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’