STILBAAI NUUS - Besoekers moet daarop let dat Stilbaai gladnie oor 'n ambulansdiens beskik nie, maar dat die Wes-Kaapse Gesondheidsdiens wel 'n ambulans in Riversdal het.
Die naaste privaat ambulansdiens is in Mosselbaai.
Indien daar dus 'n mediese noodgeval is moet die noodnommer, 10177, geskakel word.
Indien nodig sal hulle die NSRI skakel vir bystand indien dit 'n baie ernstige geval is.
NSRI se taak is seeredding en noodgevalle wat daar plaasvind en die nommer om te skakel vir seeredding is 087 094 9774.
Die dokters in Stilbaai is egter ook beskikbaar vir bystand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’