Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Riversdal se Green Fingers-tuinbouklub het Saterdag 1 Februarie ’n markdag aangebied wat alle verwagtinge oortref het.
Sowat 30 uitstallers uit die hele Hessequa-streek het hul keurige ware in die NG Kerk Riversdal-Wes se saal en in die tuin uitgestal en flink sake gedoen.
‘n Gesellige atmosfeer het geheers en daar was iets vir oud en jonk om te geniet.
Volgens Anzette Finnemore, een van die organiseerders, het besoekers van so ver soos George die mark besoek. “Hulle sê hulle het nooit so iets in Riversdal verwag nie!”
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'