HEIDELBERG NUUS - Vele instansies het Vrydag 18 Julie die land se grootste ikoon, Nelson Rolihlahla Mandela, se verjaarsdag met verskeie funksies gevier.
Die plaaslike polisiediens onder leiding van die waarnemende stasiekommissaris, kapt. Mervyn Zana, het twee bejaarde inwoners verras deur die een se erf en tuin skoon te maak en op te knap, terwyl hulle die ander een se erf skoongemaak en die huis buite geverf het.
Daar is ook sop en broodjies deur die SAPD en eerw. Morgan Jacobs van die JF Neumann Memorial Congregational Church uitgedeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’