HEIDELBERG NUUS - ‘n 27-jarige man is Vrydagoggend, 8 Oktober net na 09:00 erg met ‘n graaf aangerand.
Dit volg na ‘n argument tussen die slagoffer, Aiden Williams en sy aanvaller.
Williams het erge kopbeserings opgedoen.
Hy is later die aand per lugambulans na Groote Schuur-hospitaal vervoer, waar ‘n noodoperasie vroeg Saterdagoggend op hom uitgevoer is.
Jeremia Pieters (39) het Maandag, 10 Oktober vlugtig in die hof op aanklag van poging tot moord verskyn.
Hy bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'