Update
ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike polisie het Dinsdag 11 Oktober om ongeveer 23:45 ‘n klagte ontvang van ‘n liggaam wat op die N2 buite die dorp lê.
"Die klaer, ‘n vragmotorbestuurder het die pad versper om die liggaam te beskerm en die polisie ontbied," het sers. Ciska Badenhorst, polisiewoordvoerder gesê.
Die slagoffer is op die toneel dood verklaar deur paramediese personeel van EMS. Sy identiteit is die volgende dag as die 59-jarige Daniel Arendse bevestig wat in Albertinia woonagtig was.
'n Dossier van strafbare manslag is geopen.
"Daar is tans geen inligting oor wat moontlik kon gebeur het nie. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Francois Fielies by 028 735 8064 of 079 894 1615 kontak," vra Badenhorst.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'