STILBAAI NUUS - Die 12-jarige Liam Claassen van Stilbaai se gedenkdiens vind Woensdag 24 September om 12:00 in die gemeenskapsaal plaas.
Liam, 'n leerling van Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai, is in die vroeë oggendure van Sondag 14 September in die hospitaal oorlede nadat hy in 'n diabeteskoma verval het.
Huldeblyke stroom steeds in deur almal wie se lewens deur hierdie besonderse jong vegtertjie geraak is.
Liam was die enigste kind van Marietha Rheeder en sy het nou elke gebed wat daar kan wees nodig om haar deur hierdie smartvolle tyd te dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’