HESSEQUA NUUS - AfriForum se Hessequa-tak het op 7 September bome by vier skole in die Hessequa-distrik geplant.
Hulle het onder meer appelbome, vye-bome en appelkoosbome by die NAK Vondeling, De Waalville in Heidelberg en Small Dreams Special Needs Educational Daycare Centre in Riversdal geplant.
Die kinders het gehelp om die bome te plant en sodoende eienaarskap geneem van hul omgewing.
"Deur die kinders hierdie praktiese voorbeeld te wys, leer ons hulle om te beplan vir hul toekoms," vertel Vivian Louwrens, voorsitter van AfriForum Hessequa.
"Net soos die bome in die toekoms vir almal vrugte gaan dra, kan ons aksies nou ons toekoms vir almal beïnvloed. Op hierdie wyse leer ons die kinders om vir hul toekoms te beplan en dit hul eie te maak."
Die groepie kinders van NAK Vondeling het die les baie geniet.
Die tak het voorkeur gegee aan vrugte-bome, omdat dit vir baie jare 'n tasbare verskil in die skoolkinders se lewens gaan maak.
AfriForum Hessequa hou 30 September 'n opedag in Heidelberg om 'n buurtwag/plaaswag op die been te bring. Daar sal sprekers wees van AfriForum wat die belangrikheid van gemeenskapsveiligheid sal bespreek.
Kontak die voorsitter, Vivian Louwrens by 082 572 7472 vir meer inligting.
Die groepie wat bome geplant het by NAK Vondeling is van links: Chrizelda Miggels, Anthea Nell, Ria Dell, Zandra Davids, Abbygail Saayman (hoofdogter), Marthinus Erasmus (AfriForum-koördineerder), Ben Dell, Deswill Lee Michaels (hoofseun), Ian Grobbelaar en Elize Hefske. Voor: Liezel Thyse en Jo-lynn Nell.
Kinders en onderwysers van NAK Vondeling wag geduldig om te sien hoe 'n boom geplant moet word.
Small Dreams Special Needs Educational Daycare Centre se kinders het dit baie geniet om te sien hoe bome geplant word. Van links is Louis van der Walt, André Louw, Trudie Haussamer, Tammy Kleynhans, Le-Zay Prins, Kunga Pakkies, Jaylin Warniek, Adrihano Scholtz, Juah Louwrens, Vivian Louwrens, Ingrid Louwrens, Luané Fiet en Deandré Hatting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’