Gallery
JONGENSFONTEIN NUUS - Kleurvolle lanterns het op Oujaarsnag die aandlig in Jongensfontein opgehelder.
‘n Groot groep deelnemers het met skemeraand op Maandag 31 Desember vanaf Drie Pikkewyne vir 2km saamgestap.
Dié aand is ten bate van die Jongensfontein Inwonersvereniging aangebied.
Royal Crusaders blaasorkes van Riversdal het die gehoor met hul musiektalent vermaak. Hulle bestaan reeds sedert 1967.
Geld is ook ingesamel sodat hulle vir musiekinstrumente en kostuums kan betaal. Lanterns wat met ‘n LED-liggie werk kon vooraf gekoop word.
‘n Groot groep deelnemers het met skemeraand op Maandag 31 Desember vanaf Drie Pikkewyne vir 2km saamgestap.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'