STILBAAI NUUS - Die polisie het Vrydag 8 Maart 'n landelike operasie in samewerking met die landelike subforum en Goukou-plaaswag gehou.
Verskeie plase is tussen 16:00 en 24:00 besoek en ledelyste is opdateer.
Die polisie, ondersteun deur dié plaaswag, het vanaf 20:00 voertuigbeheerpunte beman en intensiewe patrollies op sekondêre paaie gery. 28 lede in 14 voertuie van die onderskeie buurtwagte, ondersteun deur die polisie, het tussen 18:00 en 02:00 op Saterdag 9 Maart soortgelyke massa-patrollies uitgevoer. Voertuie is by beheerpunte afgetrek ter voorkoming van dronkbestuur.
Die hoë sigbaarheid van die burgerlike strukture en die polisie kan as suksesvol bestempel word omdat daar tot Maandag 11 Maart geen ernstige misdaad aangemeld is nie. Die polisie rapporteer ook trots dat konstabels Braxton Stevens, Godwin Johnson en Granville Jantjies tot die rang van sersant bevorder is.
Konstabels Braxton Stevens en Godwin Johnson is bevorder tot sersant.
Konstabel Granville Jantjies is ook bevorder tot sersant.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'