STILBAAI NUUS - As die weer saamspeel en die water is reg is die vissersbote al vroegoggend uit in Stilbaai.
So 'n bietjie later kom die stappers, drawwers en fietsryers daardeur, gevolg deur die gewone besoekers die res van die dag.
Om hierdie rede maak Leon Du Randt van Miek se ResDurandt seker hy het teen ses-uur in die oggend al kookwater om die vissermanne te voorsien van koffie.
Daarna meng hy die pannekoek deeg, want daar is nie tyd daarvoor die res van die dag nie en daar is altyd daai soettand wat al voor ontbyt wil weglê aan 'n pannekoek of twee.
Die res van die voorbereidings volg en teen agtuur wanneer sy vrou Miekie opdaag is hulle gereed om die besoekers te bedien.
Elke Vrydag, Saterdag en Sondag sowel as vakansietye sal jy hulle daar op die hawe kry en dit het noual 'n gewilde bymekaarkom plek geraak vir 'n klomp gereelde kliënte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’