STILBAAI NUUS - Die hele dorp ken al die oulike 7-jarige Zuhan wat hierdie jaar in graad een is by Laerskool Bertie Barnard.
Hierdie jong kannetjie groet almal altyd baie beskaafd en knoop graag 'n geselsie aan.
Met sy uitgesproke persoonlikheid is dit dus nie verbasend dat hy eersdaags op Kyk Wie Praat gaan verskyn nie.
Volgens sy ma, Monique, is die aanbieder en bekende akteur, De Klerk Oelofse, een van Zuhan se gunstelinge en dié twee het omtrent pret gehad op stel.
Zuhan is in seisoen vier, episode 10 te siene en dit sal Woensdag 9 April om 20:00 uitgesaai word op KykNet se kanaal 144.
Moet dit nie misloop nie, want julle gaan lekker lag vir wat hy te sê het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’