RIVERSDAL NUUS - Tydens Sleeping Beauty Kwilters Riversdal se maandelikse byeenkoms verlede Donderdagoggend, 24 April, het die gasspreker, Ronel Pistorius van Little Quilts of Love South Africa, van Durbanville, gesels oor die belangrikheid van hierdie organisasie.
Litte Quilts of Love is in die 1990's in Australië gestig vir mammas in hospitale wat babas verloor het.
"In Suid-Afrika word daar ongeveer 22 000 babaverliese jaarliks aangeteken wat mammas met gebroke harte laat," sê Pistorius.
"Hierdie gebaar van liefde word aan hulle oorhandig sodat hulle kan herstel na die traumatiese ervaring."
Sleeping Beauty Kwilters ondersteun Little Quilts of Love as een van hul liefdadigheidsprojekte.
Hulle het 'n totaal van 52 kwilts, 76 gehekelde seekatjies en 44 baadjies vir vroeggebore babas aan Ronel oorhandig.
Sleeping Beauty Kwilters Riversdal se volgende uitstalling vind van 16 tot 18 Oktober plaas en word in die NG Kerk Riversdal-Wes se kerksaal gehou.
Vir meer inligting kontak Sonette Burger, komiteelid van Sleeping Beauty Kwilters by
083 350 5999.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’